Gesoekte verdagte in skoolhoof se moordsaak doodgeskiet

Lees ook :

Foto: SAPD

GAUTENG. – ’n Verdagte (40) wat vir die moord op Zwelabantu Zuma, die skoolhoof van Msinga, gesoek is, is Sondagmiddag in Soweto deur lede van die nasionale intervensie-eenheid (NIU) doodgeskiet.

Brig. Athlenda Mathe, polisiewoordvoerder, sê in ‘n verklaring die verdagte is aan verskeie sake – dit sluit kapings en die besit van ‘n onwettige vuurwapen in – in KwaZulu-Natal gekoppel. Hy is voorheen in hegtenis geneem, maar die saak is teruggetrek. Nuwe bewyse is egter voor die hof gebring, waarna ’n J50-lasbrief vir sy inhegtenisneming uitgereik is. Die NIU het die verdagte by ’n koshuis in Mapetla, Soweto, opgespoor. Toe hy die polisie opmerk, het hy begin skiet en die NIU het teruggeskiet, wat tot sy dood gelei het.

Twee van die beskuldigdes in Zuma se moordsaak is reeds tot lewenslange tronkstraf gevonnis, terwyl nog twee voor die verhoor gesterf het. Een verdagte word steeds gesoek.

Die soektog na die oorblywende verdagte duur voort.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief