Gesoekte verdagte kry onwetend saamrygeleentheid van polisielid

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

KWAZULU-NATAL. – ‘n Gesoekte verdagte (19) is Woensdagaand deur ‘n polisiebeampte in ‘n ongemerkte polisievoertuig ‘n saamrygeleentheid aangebied, waarna hy in hegtenis geneem is.

Kol. Robert Netshiunda sê ‘n wenk oor die verdagte is ontvang, wat van die moord op Khanya Mthembu (21) verdink word. Die polisielid het by ‘n vulstasie ingetrek en rugsteun gevra, waarna die verdagte deur die Richardsbaai-polisie gearresteer is.

Volgens inligting het die verdagte en oorledene op 8 September ‘n woordewisseling gehad. Die oorledene het die taverne waar hulle was verlaat en is glo deur die verdagte gevolg. Hy is langs ‘n sportveld in Mzingazi doodgesteek.

Die vedagte sal vandag in die Richardsbaai-landdroshof voorkom.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief