GAUTENG. – ‘n Vroulike verdagte (46) is Dinsdag omstreeks 13:00 by die Palmridge-landdroshof vir die besit van inkbevlekte geldnote in hegtenis geneem.
Volgens ‘n Facebook-plasing van die Ekurhuleni-metropolisie (EMPD) het die intervensie-eenheid inligting oor ‘n vrou met gevlekte geld in haar besit ontvang. Sy is by die hof in hegtenis geneem en na die Germiston-polisiestasie geneem. By die polisiestasie het werknemers van Absa-bank bevestig die vrou is inderdaad die oortreder na wie gesoek is. Dit is nie duidelik waarom sy by die landdroshof was nie.
Die verdagte is vir die besit van gesteelde eiendom aangekla en sal in die Germiston-landdroshof voorkom.
Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]





