Brekende Nuus
Afrikaans

Gesondheidsdept. verseker Suid-Afrikaners a-pokke is hier onder beheer

Gesondheidsdepartement verseker Suid-Afrikaners a-pokke-uitbraak is onder beheer

fotokrediet: Canva
Gesondheidsdepartement verseker Suid-Afrikaners a-pokke-uitbraak is onder beheer fotokrediet: Canva

Lees ook: A-pokke in Afrika styg tot meer as 18 700

Die departement van gesondheid het Suid-Afrikaners verseker die uitbraak van a-pokke in Suid-Afrika is onder beheer.

Dit volg na die WGO a-pokke in Afrika as ‘n globale noodgeval verklaar het. Een geval van a-pokke is onderskeidelik in Swede en in Pakistan aangemeld.

Die Suid-Afrikaanse departement van gesondheid het mense gewaarsku om versigtig te wees, want virusse is onvoorspelbaar en kan muteer.

Mense word gevra om goeie higiëne toe te pas en op die uitkyk te wees vir simptome.

Simptome sluit in koors, spierpyn en groot velletsels.

Bronne: The Citizen, ECR, Times Now

Lees ook: A-pokke in Afrika styg tot meer as 18 700