’n Gesondheidswerker het die Powerball-boerpot van R110 miljoen op 8 April 2025 deur die FNB-toep gewen. Die wenner het die kaartjie met R30 gekoop met die Quick Pick-metode.
Lees ook: Wenner van meer as R110 miljoen het FNB-toep gebruik
Sy het gesê sy kan uiteindelik tyd neem om te rus want as ’n gesondheidswerker is “ons skofte lank en veeleisend. Baie van ons is uitgebrand maar ons werk ekstra ure net om geld in te kry. Nou kan ek uiteindelik tyd af vat om te rus”.
Die wenner het gesê sy gaan ’n huis en voertuig vir haar gesin kry maar beplan ook ’n vakansie in Durban vir haar en haar kinders.
Bronne: IOL, Briefly, TimesLIVE
Lees ook: Wenner van meer as R110 miljoen het FNB-toep gebruik