NOORD-KAAP. – ‘n Ambulans wat glo Saterdagaand omstreeks 18:00 voor ‘n hospitaal waar dit op Pofadder geparkeer was, gesteel is, is vinnig teruggevind en twee verdagtes is vasgetrek.
Lt.kol. Sergio Kock sê die oplettendheid van Pofadder-polisielede het gesorg dat die ambulans binne minute nadat dit gesteel was, teruggevind is.
Kock sê die ambulans was by die hospitaal geparkeer en is daarna op die N14 naby Gamsberg-myn tussen Pofadder en Aggenys teruggevind.
Twee verdagtes, onderskeidelik 23 en 28 jaar oud, is vir diefstal van ‘n motorvoertuig in hegtenis geneem en sal na verwagting binnekort in die Pofadder-landdroshof verskyn.





