Gesteelde Gautengse voertuig onderweg na Zimbabwe onderskep

Lees ook :

Foto: SAPD

LIMPOPO. – ‘n Toyota Fortuner wat in Sinoville in die noorde van Pretoria as gesteel aangemeld is, is Donderdagoggend onderweg na Zimbabwe onderskep.

Kol. Malesela Ledwaba sê die voertuig was vermoedelik vir die doeleindes van smokkelary onderweg na Zimbabwe. Lede van die provinsiale blitspatrollie het inligting ontvang, waarna die voertuig op die Ndzedzedze-pad in die Thohoyandou-polisiëringsarea opgemerk is.

“Die onbekende aantal verdagtes het weggejaag toe hulle opgemerk het dat hulle in ’n hoek vasgekeer word. ’n Hoëspoedjaagtog het gevolg, wat tot ’n skietgeveg gelei het.”

Ledwaba sê die verdagtes het uit die voertuig gespring en te voet gevlug. Die voertuig is as deel van die ondersoek gekonfiskeer. Die ondersoek om die verdagtes op te spoor, duur voort.

Enigiemand met inligting van die verdagtes word gevra om lt.kol. Richard Boshomane by 079 894 5501 te bel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief