Gesteelde goud- en silwerstawe van R40 m. gesoek

Lees ook :

Foto's: SAPD

NOORD-KAAP. – Goud- en silwerstawe is gedurende November 2022 op ‘n plaas in Vosburg, waar ‘n man en sy vrou gehuur het, gesteel.

AO Nomthandazo Mnisi sê die Valke vra die publiek om die gesteelde eiendom te help opspoor.

Na bewering het vier gewapende verdagtes die man en vrou in die plaashuis oorval, waarna daar met die goud- en silwerstawe ter waarde van R40 m. en ‘n .22-geweer van die toneel gevlug is. ‘n Saak van gewapende roof is geopen en is later vir ondersoek na die Valke oorgeplaas.

“Die gesteelde goud- en silwerstawe is moontlik aan niksvermoedende kopers verkoop.”

Enigiemand met inligting van die stawe, al is dit ‘n transaksie op die swartmark, word versoek om AO Rooiland by 082 770 5219 te bel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief