Gesteelde voertuig van Gauteng in Mpumalanga onderskep

Lees ook :

Foto: SAPD

MPUMALANGA. – Die polisie in Mpumalanga het Donderdag ‘n Toyota Hilux-bakkie wat in Putfontein as gesteel aangemeld is, by die Vandyksdrift-afrit op Middelburg onderskep.

Kapt. Magonseni Nkosi sê ‘n verdagte (29) is in besit van die gesteelde bakkie in hegtenis geneem. Polisielede het op ‘n sein van die opsporingstelsel gereageer toe die bakkie verby die Middelburg-tolplaza gery het. By die afrit is die voertuig gestop en die bestuurder is ondervra. Hy kon egter nie ‘n bevredigende verduideliking gee oor hoe hy in besit van die bakkie gekom het nie. Met voorlopige ondersoek is bevind die bakkie is vandeesmaand as gesteel aangemeld.

Die verdagte is vir die besit van ‘n vermoedelik gesteelde voertuig in hegtenis geneem. Hy sal na verwagting binnekort in die Middelburg-landdroshof voorkom. Die moontlikheid dat meer klagtes op die klagstaat bygevoeg kan word, is nie uitgesluit nie.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief