LIMPOPO. – Tumelo Raledi (34) het Sondagaand uit aanhouding ontsnap terwyl hy vir behandeling in die Maphuta Malatji-hospitaal in die Mopani-distrik was. Raledi word as gevaarlik beskou en is voorheen op aanklagte van verkragting, poging tot moord en twee moordsake in hegtenis geneem.
Polisiewoordvoerder, brig. Hlulani Mashaba, sê die verdagte het ontsnap waar hy onder polisiebewaking was. Raledi is voorheen vir ernstige geweldsmisdade vasgetrek, wat na bewering tussen 2023 en 2025 in die Namakgale-gebied gepleeg is.
Enigiemand met inligting wat kan help met sy opsporing, word versoek om AO Moloko Monyepao by 082 469 1240 te bel.





