Gevalle van Ebola in Uganda styg tot nege, 265 word dopgehou

Lees ook :

Ebola-gevalle in Uganda styg tot nege, 265 word dopgehou fotokrediet: Canva

UGANDA. – Uganda het nou nege gevalle van Ebola en 265 persone word vir tekens van die siekte in kwarantyn dopgehou.

Lees ook: Uganda begin Ebola-entstof toets na verpleër sterf

Volgens gesondheidsowerhede sluit die nege mense die eerste slagoffer, die manlike verpleër, in wat aan Ebola dood is voor die uitbraak aangekondig is.

Agt pasiënte is in in ‘n stabiele toestand in die hospitaal vir behandeling. Van die verpleër se familielede is onder die agt pasiënte.

Daar is nog geen goedgekeurde entstof vir die Soedan-stam van Ebola wat die mense in Uganda opgedoen het nie. Owerhede het kliniese toetsing begin na die veiligheid en effektiwiteit van ‘n toetsentstof.

Die laaste uitbraak van die siekte in Uganda was in 2022, waartydens 55 persone dood is.

Bronne: Euronews, ABC News, CTV News

Lees ook: Verpleër in Uganda sterf aan Ebola

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief