UGANDA. – Uganda het nou nege gevalle van Ebola en 265 persone word vir tekens van die siekte in kwarantyn dopgehou.
Lees ook: Uganda begin Ebola-entstof toets na verpleër sterf
Volgens gesondheidsowerhede sluit die nege mense die eerste slagoffer, die manlike verpleër, in wat aan Ebola dood is voor die uitbraak aangekondig is.
Agt pasiënte is in in ‘n stabiele toestand in die hospitaal vir behandeling. Van die verpleër se familielede is onder die agt pasiënte.
Daar is nog geen goedgekeurde entstof vir die Soedan-stam van Ebola wat die mense in Uganda opgedoen het nie. Owerhede het kliniese toetsing begin na die veiligheid en effektiwiteit van ‘n toetsentstof.
Die laaste uitbraak van die siekte in Uganda was in 2022, waartydens 55 persone dood is.
Bronne: Euronews, ABC News, CTV News
Lees ook: Verpleër in Uganda sterf aan Ebola