Brekende Nuus
Afrikaans

Gevalle van hand-voet-en-mondsiekte styg steeds

Gevalle van hand-voet-en-mondsiekte styg steeds
fotokrediet: Canva
Gevalle van hand-voet-en-mondsiekte styg steeds fotokrediet: Canva

KZN. – Die KwaZulu-Natalse departement van gesondheid het bekendgemaak daar is nou 168 gevalle van hand-voet-en-mondsiekte in KZN.

Lees ook: Nóg gevalle van hand-voet-en-mondsiekte in KZN

eThekwini het 120 gevalle, King Cetshwayo 25, uGu 20 gevalle en daar is 3 gevalle in uMkhanyakude.

Al die gevalle is by laerskole en dagsorgsentrums aangemeld.

Die departement herinner ouers om goeie higiëne toe te pas en om siek kinders by die huis te hou.

Volgens die departement versprei die siekte deur direkte kontak met die siek persoon of direkte kontak met vloeistowwe uit die persoon se neus of mond. Die siekte kan ook versprei as items wat deur die siek persoon aangeraak is, hanteer word.

Simptome sluit in ‘n koors, seer keel, moegheid, blase in die mond, op die tong, op die palms van hande of op die onderkant van voete.

Bronne: IOL, ECR, TimesLIVE

Lees ook: Nóg gevalle van hand-voet-en-mondsiekte in KZN