Brekende Nuus
Afrikaans

Nóg gevalle van hand-voet-en-mondsiekte in KZN

Nóg gevalle van hand-voet-en-mondsiekte  in KZN
fotokrediet: Canva
Nóg gevalle van hand-voet-en-mondsiekte in KZN fotokrediet: Canva

KZN. – Daar is nou 117 gevalle van hand-voet-en-mondsiekte in Durban volgens die departement van gesondheid.

Lees ook: Ouers aangeraai om siek kinders by huis te hou oor hand-voet-en-mondsiekte

Bevestigde gevalle is aangemeld in skole en dagsorgsentrums in Phoenix, Greenwood Park en Umhlanga.

Die departement van gesondheid het vir kalmte gevra en het ouers en onderwysers herinner om goeie higiëne toe te pas en oppervlakke skoon te hou. Kinders met simptome moet by die huis gehou word.

Bronne: The Citizen, Briefly, TimesLIVE

Lees ook: Ouers aangeraai om siek kinders by huis te hou oor hand-voet-en-mondsiekte