Lees ook: Vrou (73) met steekwonde gevind
OOS-KAAP. – Die gevalle van menslike hondsdolheid het tot 10 gestyg na ‘n meisie in die Oos-Kaap met hondsdolheid gediagnoseer is.
Die nasionale instituut vir oordragbare siektes het bevestig die meisie (10) van Buffalo City is in November gediagnoseer. Daar was geen rekord van enige dierebyte nie. Buffalo City het glo ‘n probleem met hondsdol honde.
Altesaam 10 gevalle van menslike hondsdolheid is in 2023 in die volgende provinsies aangemeld: KwaZulu-Natal (5), Oos-Kaap (4) en Limpopo (1).
Diere-eienaars word aangemoedig om hulle diere teen hondsdolheid te laat inent. Ouers word aangemoedig om hulle kinders te leer hoe om op te tree in die teenwoordigheid van diere en hoe om byte te voorkom.
Bronne: IOL, Pressreader, The Star
Lees ook: Vrou (73) met steekwonde gevind





