MPUMALANGA. – ‘n Kerk in Kwamhlanga het glo Sondagoggend omstreeks 02:30 tydens ‘n gebedsdiens onder gewapende rowers deurgeloop.
Lt.kol. Jabu Ndubane sê na bewering het die gemeente ‘n skoot gehoor voordat die deure van die kerk oopforseer is. Die gemeente is glo terwyl hulle bid aangeval, deur drie vermomde verdagtes met vuurwapens aangehou en beroof. Die verdagtes het glo Sesotho gepraat en selfone, sowel as geld geëis. Dankoffers is gebuit voordat hulle van die misdaadtoneel gevlug het.
Enigiemand met relevante inligting word gevra om speur.lt.kol. Sara Msiza by 079 889 3701 te bel.





