‘Gewapende rower’ vasgetrek wat slagoffers glo in bus beroof

Lees ook :

Foto: SAPD

MPUMALANGA. – ‘n Verdagte (37) is Saterdag vasgetrek nadat hy glo passasiers in ‘n bus met ‘n vuurwapen gedreig en van hulle persoonlike items beroof het.

Kol. Donald Mdhluli sê grenspolisiëring het die inhegtenisneming gemaak.

Terwyl die buspassasiers beroof is, is die polisie in kennis gestel en hulle het dadelik reageer. Die bus is gestop en deursoek om die verdagte op te spoor. ‘n Passasier met ‘n vuurwapen sonder ammunisie is aangekeer. Die man is geïdentifiseer as die beweerde rower op die bus en hy is vir die onwettige besit van ‘n vuurwapen en vir roof in hegtenis geneem.

Die polisielede het beslag op die vuurwapen gelê wat vir ballistiese toetse gestuur sal word om vas te stel of dit al voorheen in ander misdade gebruik is.

Mdhluli sê nog aanklagte kan moontlik soos wat die ondersoek vorder, bygevoeg word.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief