Geweer vermis by Kruger Nasionale Park, veldwagter in hegtenis

Lees ook :

Foto: SAPD

MPUMALANGA. – ‘n Deurbraak is gemaak in die saak van ‘n geweer wat ‘n paar weke gelede onverklaarbaar by Skukuza in die KNP verdwyn het. ‘n Veldwagter (37) van Skukuza is gearresteer.

Kol. Donald Mdhluli sê die polisie, in samewerking met SANParke, het die deurbraak gemaak nadat inligting bekom en ‘n operasie geloods is.

“Die operasie is ironies genoeg op Wêreldveldwagterdag uitgevoer.”

Mdhluli sê deur ondersoek en ondervraging is ‘n veldwagter as verdagte geïdentifiseer. Die vermiste geweer en ammunisie is in die plafon van ‘n huis in Hluvukani, naby Thulamahashe in die Bosbokrand-area, gevind.

“Daar word geglo die geweer wat gevind is, kan die een wees waarna wetstoepassingsagentskappe gesoek het.”

Die veldwagter is op aanklagte van die onwettige besit van ‘n vuurwapen en ammunisie in polisie-aanhouding. Byvoeging van meer klagtes kan nie uitgesluit word nie. Die veldwagter sal binnekort in die hof verskyn.

Mdhluli sê die geweer sal per standaard prosedure ballistiese toetsing by die polisie se forensiese wetenskaplaboratorium ondergaan om vas te stel of die wapen nie tydens ander misdade gebruik is nie.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief