NOORDWES. – Twee tienerseuns en twee jong mans is in die moeilikheid by die gereg nadat hulle glo op 6 Augustus ‘n laerskool buite Mahikeng met pangas bestorm en leerders geïntimideer het.
Kol. Adéle Myburgh sê die polisie is ontbied, waarna die viermanskap gevlug en die pangas agtergelaat is. Die ondersoek het dieselfde dag nog tot die inhegtenisneming van die vier verdagtes gelei wat Donderdag op aanklagte van betreding en intimidasie in die Mmabatho-landdroshof verskyn het.
Die twee tienerseuns is volgens die kinderwet hanteer en is vir ‘n periode van ses maande na ‘n jeugdetensiefasiliteit gestuur.
Thato Tsoeu (20) en Tshepang Ntai (20) is elk op borg van R300 vrygelaat n moet weer in September in die hof verskyn.