Gewelddadige misdadiger tot 16 j. gevonnis

Lees ook :

Foto: SAPD

NOORD-KAAP. – Wendell Swartz (21) is vandag in die Kimberley-hooggeregshof op vyf aanklagte tot 16 jaar tronkstraf gevonnis.

Volgens kol. Cherelle Ehlers het Swartz tussen September 2022 en April 2023 ‘n vlaag misdade gepleeg. Op 23 September 2022 het hy ‘n slagoffer wat ‘n by ‘n vriend se huis in Koopmansfontein gebraai het met ‘n panga aangerand. Hy het daarna al die vensters van sy vriend se voertuig gebreek en gevlug.

Op 22 Maart 2023 het hy sy ouers se huis op Delportshoop aan die brand gesteek. Hy het sy suster en niggie by ‘n venster uitgegooi en toe die polisie hulle help, gevlug. Op 1 April het hy ‘n tradisionele geneser (59) wat in ‘n veld gebid het se keel afgesny. Haar liggaam is die volgende dag toegedraai in ‘n duvet gevind.

Swarts is op 3 April verlede jaar by sy ouers se huis op Delportshoop in hegtenis geneem. Hy het op al die aanklagte skuldig gepleit.

Hy is op aanklag 1 – aanranding met die doel om ernstig te beseer (1 jaar), aanklag 2 – opsetlike saakbeskadiging (1 jaar), aanklag 3 – poging tot brandstigting (1 jaar), aanklag 4 – moord (15 jaar) en aanklag 5 – diefstal (6 maande) gevonnis. Die vonnisse sal gelyktydig uitgedien word en hy sal dus 16 jaar in die tronk deurbring.

AO Jim Williams van Delportshoop-speurtak is deur lt.genl. Koliswa Otola vir sy ondersoekwerk en suksesvolle vonnisoplegging geprys.


Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief