GHANA. – Ghana se president, John Mahama, het gesê Ghana het ingestem om burgers van verskeie Wes-Afrika-lande te aanvaar wat uit die VSA gedeporteer is. Hy het gesê 14 het reeds in die land aangekom.
Lees ook: Regter stop Trump administrasie se deportasie van kinders
Mahama het gesê die vryebeweging-protokol van die Wes-Afrikaanse blok Ecowas laat hulle burgers toe om ander Wes-Afrika-lande sonder visums binne te gaan en daar te woon.
Hy het nie gesê hoeveel mense Ghana sal aanvaar nie, maar het gesê van die Nigeriërs wat na Ghana gedeporteer is, is reeds terug in hulle land en die Gambiër wat ook gedeporteer is, word gehelp om na sy land terug te keer.
Bronne: BBC, allAfrica, AriseNews
Lees ook: Regter stop Trump administrasie se deportasie van kinders





