VSA. – Sparkle Sooknanan, distrikshofregter, het gister die Trump-administrasie se poging om kinders van Guatemala te deporteer tydelik gestop.
Lees ook: Dief sê sy het doodsdreigemente ontvang oor hase wat in park gelaat is
Verskeie kinders, wat alleen in die VSA aangekom het en onder regeringstoesig was, is op vliegtuie gesit om teruggestuur te word na Guatemala toe regter Sooknanan die bevel geteken het om dit te keer.
Prokureurs het gesê die kinders loop die risiko van mishandeling en vervolging in Guatemala, maar die president van Guatemala en prokureurs vir die VSA-departement van justisie het gesê die kinders word nie gedeporteer nie, maar eerder teruggestuur om hulle met hulle families te herenig.
Die president van Guatemala, Bernardo Arevalo, het regter Sooknanan se besluit gekritiseer en het gesê hy sal aanhou veg om die kinders huis toe te bring.
Bronne: BBC, New York Times, USA Today
Lees ook: Dief sê sy het doodsdreigemente ontvang oor hase wat in park gelaat is





