Wetmakers stem om Ghislaine Maxwell te dagvaar vir getuienis oor Epstein-lêers

Lees ook :

Wetmakers stem om Ghislaine Maxwell te dagvaar vir getuienis oor Epstein-lêers fotokrediet: X

VSA. – Die toesigkomitee van die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers het ’n dagvaardiging goedgekeur om Ghislaine Maxwell te forseer om getuienis oor Jeffrey Epstein se kliëntelys en lêers te lewer.

Lees ook: Donald Trump dagvaar mediamaatskappye en base oor Epstein-berig

Verskeie wetmakers het ook gedreig om die justisiedepartement met ‘n stemming te dwing om al die bewyse oor die Epstein- en Maxwell-sake vry te stel.

Enige verdere stemmery is verhoed deur die speaker van die VSA se huis van verteenwoordigers, Mike Johnson, wat die vroeë reses van die komitee aangekondig het. Die komitee sal eers weer in September kan stem om die bewyse te laat vrystel. Johnson het die besluit verdedig deur Demokrate te beskuldig van “politiese speletjies”. Dit volg ná spanning in Amerika tussen Trump-ondersteuners en die Demokrate en Republikane nadat die FBI en justisiedepartement gesê het daar is geen Epstein-lys nie en dat geen verdere inligting oor Epstein vrygelaat sal word nie.

Die departement van justisie het gister ’n vergadering met Maxwell versoek om uit te vind wat sy weet.

Bronne: The Independent, BBC, USA Today

Lees ook: Donald Trump dagvaar mediamaatskappye en base oor Epstein-berig

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief