Lede van Gift of the Givers het op 18 Mei in Knysna teëspoed gekry deurdat ‘n baksteen na een van hulle voertuie gegooi is terwyl hulle besig was om water in Concordia af te lewer.
Lees ook: Waarskuwing oor oorstromings in Kaapstad
Daar is tans ’n waterkrisis in Knysna en Gift of The Givers is besig om water aan inwoners, besighede, skole en mediese sentrums af te lewer.
Op die Gift of the Givers se Facebook-blad is daar gesê ’n persoon, geklee in ’n hemp van ’n politieke party, het ’n baksteen na een van hulle voertuie gegooi, wat veroorsaak het dat die aflewerings vertraag is.
Gift of the Givers het in die plasing gesê: “Ons sal nie dat die voorval ons daarvan weerhou om humanitêre hulp te lewer aan dié wat dit nodig het nie”.
Bronne: Gift of the Givers
Lees ook: Waarskuwing oor oorstromings in Kaapstad





