Gigaba en voormalige Transnet-bestuurders se korrupsiesaak uitgestel

Lees ook :

Foto: NVG - IDAC

GAUTENG. – Dr. Malusi Gigaba, die voormalige Minister van Binnelandse Sake, en vier voormalige senior Transnet-bestuurders het Vrydag vlugtig in die Johannesburgse-hooggerehgshof verskyn, waarna die saak van korrupsie tot 10 Julie uitgestel is. Die saak spruit uit bewerings dat drie afsonderlike kontrakte onwettig toegeken is vir die lewering van onderskeidelik 95, 100 en 1 064 lokomotiewe.

Henry Mamothame, woordvoerder van die NVG se ondersoekdirektoraat teen korrupsie, sê Gigaba, Anoj Singh, wat as Groepshoof van Finansies by Transnet gedien het, Brian Molefe, die voormalige Groep- Uitvoerende Hoofbeampte, Siyabonga Gama, ‘n voormalige Uitvoerende Hoofbeampte, en Thamsanqa Jiyane, wat die Hoof Inkoopbeampte was, het glo grootskaalse onreëlmatighede gepleeg. Transnet het as gevolg hiervan verliese gely wat op miljarde rande beraam word. Die saak is uitgestel sodat die beskuldigdes se regsverteenwoordigers die kans kan kry om die dossier te bestudeer wat deur die staat beskikbaar gestel is.

Die hof het dit duidelik gemaak dat die proses teen 30 Julie 2026 afgehandel moet wees. Sowel die staat as die verdediging het ooreengekom om teen 15 Mei 2026 ‘n gesamentlike tydskedule aan die hof voor te lê, sodat voorverhoor-sake afgehandel en ‘n verhoordatum vasgestel kan word.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief