Glanspaar se baba maande té vroeg gebore

Lees ook :

Foto's: Skergrepe van reel deur Melinda Bam gedeel

Melinda (néé Bam) en Adriaan, voormalige Mej. en Mnr. SA van 2011, se babadogter, Rein Talia Bergh, is maande te vroeg op 22 November 2024 gebore. Haar verwagte datum was 20 Januarie 2025.

Indien jy soos vele ander boodskappe op die voormalige Mej. SA se sosiale media raakgelees het, foto’s van Kersfees sonder ‘n teken van ‘n swangerskap gesien, gewonder en selfs vrae gevra het, dan weet jy nou. Die jongste Bergh is op 31 weke gebore. Met geboorte het sy 1.1 kg geweeg en op haar kleinste, slegs 900 gram.

Op 22 November skryf Melinda: “My frame was not hidden from you when I was made in the secret place, when I was woven together in the depths if the earth – your eyes saw my unformed body, all the days ordained for me were written in your book before one of them came to be!” – Psalm 139:15-16

“Do not fear for I have redeemed you, I have called you by name – you are Mine” – Isaiah 43:1

“Heilig is die wag vir Rein Talia Bergh. Wat ‘n voorreg om ons dae so om te kon bid vir ons liefste prinses, @adriaanbergh wat ‘n voorreg om die lewe so saam met jou te kan doen.”

Op 27 Februarie het die egpaar emosioneel in ‘n reel bekendgemaak dat hulle nou, na drie maande, reg is om oor hul babadogter, Rein Talia Bergh, te deel. Melinda sê hulle het ietwat in ‘n bubble geleef. Adriaan sê dit was ‘n skok en niks kon hulle vir die vroeë geboorte en die pad tot nou voorberei nie.

“We are grateful to be able to share her testimony and our story of faith. It’s been tough, but God has given us the strength to endure and hold fast to His promises. No matter how small she is – we’ll testify of His greatness!!! FULL TESTIMONY COMING SOON,” skryf Melinda met die reel.

Die gewilde egpaar het reeds ‘n kleuterseun, Ruach Michal Bergh, wat op 10 Maart 2023 gebore is.

https://web.facebook.com/reel/1315936969731344

Foto op 22 November 2024 deur Melinda Bam gedeel

Skermgreep van reel op 27 Desember 2024 deur Melinda Bam gedeel

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief