TUINROETE. – Chris van Rensburg van Knysna-munisipaliteit het op 4 Januarie hoop gegee toe Jasmine, die maandoue babadogter van Bradley Haines, dringende mediese hulp nodig gehad het.
Volgens ‘n plasing op Knysna-munisipaliteit se sosialemediablad het Van Rensburg aanvanklik vir Haines vir die oortreding van die verkeerswet voorgekeer toe hy agter die ambulans wat sy dogter na George-hospitaal vervoer het, gery het. Van Rensburg, wat dadelik die situasie verstaan het, het empatie met die bekommerde pa gehad en daar en dan die ambulans na die hospitaal begelei.
Haines sê Jasmine, wat aanvalle gekry het, se situasie het by George-hospitaal vinnig agteruitgegaan, maar danksy Van Rensburg wat die babadogter so vinnig by die hospitaal kon kry, kon haar pa vinnig verseker die mediese span help sy babadogter so gou moontlik.
Met dankbaarheid het Haines Knysna-munisipaliteit saam met Jasmine besoek om vir Van Rensburg te bedank. Volgens hom was Van Rensburg in ‘n moeilike tyd aan sy sy. Haines sê dankbaar een persoon se hulp kan ‘n impak hê op ‘n ander persoon se lewe.
“I give glory to God and believe officer Chris responded to prompting of the holy spirit as prayer warriors were already praying for Jasmine’s safety and healing. In Christ we are united, protected, and provided for. He makes a way where there seems to be no way – feeling desperate in trying to keep up with the ambulance. I prayed God make a way, and suddenly Chris was there.”
Haines het ook dr Vanessa Viljoen van Knysna se Tiny2Teen en dr. Kaap van Knysna- provinsiale hospitaal vir hulle hulp bedank.
Knysna-munisipaliteit sê Van Rensburg het bewys hoe hy die gemeenskap eerste stel.
“We extend our appreciation to Traffic Officer Chris Van Rensburg for exemplifying the values of empathy and selflessness, embodying the spirit of service that makes our community stronger.”
Bron: Knysna Munispaliteit
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.





