Goeie nuus nadat 2-jarige met kookwater brand

Lees ook :

Foto's: Janien Kriel en BackaBuddy

KWAZULU-NATAL. – Avery Kriel (2) van Ballitoville het Donderdag in ‘n fratsongeluk met kookwater gebrand. Die meisie het tweedegraadse brandwonde opgedoen, maar haar ouers het Saterdag goeie nuus gekry.

Janien en Waldo Kriel het by ‘n spesialis gehoor dit lyk asof Avery geen permanente skade opgedoen het nie. Die meisie is aanvanklik in die intensiewesorgeenheid van ‘n hospitaal opgeneem, waar haar ouers kontant vir haar mediese behandeling moes betaal. Volgens die spesialis het nuwe vel reeds oor die wonde begin groei. ‘n Lang herstelpad lê voor en infeksie in die wonde moet gekeer word, maar Avery is ontslaan en kan saam met haar ouers huis toe gaan.

“Die spesialis was hier. Ons het absoluut die beste nuus gekry. Hy sê dit lyk nie of daar enige permanente skade sal wees in die toekoms nie en dat nie enige senuwees seergekry het nie. Dis rêrig ‘n testimony hierdie. Hy was so verbaas toe hy sien hoe goed die wonde lyk. Daar het al klaar nuwe vel begin stadig groei. Dis van almal se gebede dat ons dogtertjie so vinnig herstel. Dis amazing. Ons mag huis toe gaan. Hy sê dit is ‘n lang herstelpad vorentoe en met die regte hulp behoort alles mooi reg te kom. En hy sê ook brandwonde is die seerste wond wat mens kry. Sy gaan nog in baie pyn wees en dit gaan nie ‘n maklike pad vir ons wees nie. Ons moet haar maar nou mooi monitor en seker maak haar wonde kry geen infeksies nie. Hulle het nou (hulle noem dit ‘n dressing wat vir 7 dae hou, opgesit. Ons moet die 20ste weer hospitaal toe gaan sodat hulle weer die proses van die skoonmaak en nuwe verbande ens. kan doen. Dan sal ons weer mooi kan sien hoe die wonde lyk. Hulle het ons nou mooi gewys wat om te doen en hulle het haar pynmediaksie reg gekry ens. Die Here Is so so goed vir ons en ons dogtertjie. Ons dank Hom in alle eer. Aan almal wat ons bygestaan het vir ons gebid het, bygedra het in enige manier wil ons baie baie dankie voor sê. Julle het ons gedra, julle het ons lewe vir ons makliker gemaak emosioneel en finansieel. Ons is stomgeslaan om te sien hoeveel mense uit hulle pad uit gegaan het vir ons dogtertjie en hulle harte en sakke oopgemaak het. Dankie dankie dankie !!!!!!!!!!!!! Ons sal steeds updates doen soos dit met Avery se healing en pad vorentoe gaan en wat die drs. sê. Ons is dankbaar en ons is so so geseënd. Hierdie is nie makik nie, maar ons gaan hierdeur kom. En ONS PRYS DIE HERE !!!!!!!!!!!! Ons vra asb. steeds vir gebede vir die pad vorentoe.”

Die kleuter was ten tyde van die ongeluk nie op ‘n mediese fonds nie en Cherise Kriel het dadelik skarebefondsing om verdere spesialis mediese hulp vir die meisie te kry, begin.

“My broer en skoonsussie se 2-jarige dogtertjie, Avery, het baie erg gebrand in ‘n fratsongeluk en is tans in ICU met 2de graadse brandwonde. Hulle het nie medies nie en enige donasie sal baie waardeer word. Sal jy my asb. help om hierdie link sover as moontlik te versprei. Ons waardeer dit opreg! “

Ingrid Heiberg Kriel, ouma van Avery, het namens die grootouers vir al die hulp wat vir die meisie ontvang is, dankie gesê.

Met die skarebefondsing is daar in ‘n kort tydperk, binne twee dae, meer as R115 000 vir Avery se mediese kostes ingesamel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief