Lees ook: Verskeie kolleges nie meer geregistreer nie
Die departement van hoër onderwys het gesê die kwalifikasies wat studente by die vier Educor-kolleges gekry het, is steeds geldig.
Damelin, Icesa, City Varsity en Lyceum-kolleges se registrasie is verlede maand gekanselleer na Educor nie geouditte finansiële state vir 2021 en 2022 kon voorsien nie.
Studente was bekommerd dit sal hulle kwalifikasies raak en ongeldig maak. Die department het die studente verseker hulle kwalifikasies is steeds geldig en sal erken word. Hulle het ook gesê die kolleges het ’n verpligting om die studente hulle kwalifikasies te gee.
Bronne: BusinessTech, EWN, Jacaranda FM