Lees ook: Rose Hanbury se prokureurs vat Stephen Colbert vas oor ‘affair’ grap
Die departement van hoër opvoeding het verskeie kolleges se registrasie as privaat hoër opvoedinginstellings gekanselleer.
Damelin College, CityVarsity, Lyceum-kolleges en Icesa City Campus is nie meer geregistreer nie en sal teen die einde van die jaar moet sluit.
Dit volg na die kolleges nie van 2020 af geouditeerde finansiële state ingedien het nie. Volgens die hoëropvoedingswet moet privaat tersiêre instansies finansiële state indien om verantwoordelik gehou te kan word.
Mense wat klaar hulle kwalifikasies voltooi het, word nie beïnvloed deur die gekanselleerde registrasie nie.
Bronne: BusinessLive, Mail & Guardian, Inside Education
Lees ook: Rose Hanbury se prokureurs vat Stephen Colbert vas oor ‘affair’ grap





