KWAZULU-NATAL. – ‘n Goeie samaritaan is Saterdagaand tyens ‘n beweerde kapingspoging in sy arm geskiet toe hy ‘n vrou met ‘n pap wiel in Verulam wou help.
Reaction Unit South Africa (Rusa) is na 23:00 vir die skietinsident in Jabu Ngcobo-straat ontbied. ‘n Vroulike motoris was in die rigting van Ndwedwe op pad toe haar VW Polo ‘n pap band kry en sy moes stop. ‘n Verbygaande motoris het stilgehou om haar te help.
Rusa sê ‘n wit Nissan NP200-bakkie met ‘n onbekende registrasienommer het daarna na bewering beide die voertuie blokkeer en probeer om die slagoffers te beroof en een van die voertuie te kaap. Die man wat die vrou wou help, is in die arm geskiet, waarna die verdagtes weggejaag het.
Die beseerde man het mediese hulp ontvang.





