Brekende Nuus
Afrikaans

GoFundMe vir Amerikaner in Kaapstad geskiet om te kan huis toe gaan

Sy susterskind het gesê sy rekeninge is gevries en hy is werkeloos so hy kan nie betaal om by die huis te kom nie.

Amerikaner wat in Kaapstad geskiet is begin GoFundMe om huis toe te gaan
Amerikaner wat in Kaapstad geskiet is begin GoFundMe om huis toe te gaan fotokrediet: Canva

Lees ook: Amerikaanse toeris in Kaapstad geskiet

KAAPSTAD. – Die Amerikaanse toeris (55) wat in die gesig geskiet is na hy deur ‘n GPS na Nyanga gelei is, se suster het ’n GoFundMe begin sodat hy na Connecticut kan terugkeer.

Walter Fischel (55) is verlede Donderdag uit die hospitaal ontslaan. Hy het aan eNCA gesê hy kuier nou by sy vriende en gaan nog in die land wees vir verdere mediese ondersoeke. Sy suster het ’n fondsinsameling begin om hom na Amerika te laat terugvlieg na sy kredietkaarte, paspoort en selfoon in die aanval gesteel is. Fischel se susterskind het gesê sy rekeninge is gevries en hy is werkloos, dus is hy nie self in die finansiële posisie om by die huis te kom nie.

Die polisie is besig om die voorval te ondersoek.

Bronne: Briefly, The Citizen, TimesLIVE

Lees ook: Amerikaanse toeris in Kaapstad geskiet