Golden Globes 2020

Lees ook :

Sondag, 05 Januarie was dit die jaarlikse Golden Globes, ’n spesiale toekennigsaand vir wêreldberoemdes.

Dié glansgeleentheid, met akteurs soos Jennifer Lopez, Ellen DeGeneres en Leonardo DiCaprio, vereer beroemdes vir hul uitstekende rolprente en harde werk gedurende die maak van ’n rolprent. Hierdie jaar was almal se fokus op Jennifer Aniston en Brad Pitt.

Hierdie paartjie het aanhangers op die punt van hulle stoele gehad oor of hulle ’n reünie sal hê of nie, aangesien hulle onlangs hul vriendskap herbou het na hul egskeiding in 2005.

Brad het na Jennifer se 50ste verjaarsdag gegaan en hulle is klaarblyklik baie vriendelik met mekaar.

Alhoewel Jennifer ’n glimlag uitgedeel het en aandagtig geluister het na Brad se toespraak by hierdie glansgeleentheid nadat hy ’n toekenning ontvang het, was daar geen reünie tussen hul soos wat almal gehoop het daar sal wees nie.

Hulle is steeds in kontak met mekaar en sal mekaar altyd ondersteun.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief