Golden Globes 2020

Lees ook :

Sondag, 05 Januarie was dit die jaarlikse Golden Globes, ’n spesiale toekennigsaand vir wêreldberoemdes.

Dié glansgeleentheid, met akteurs soos Jennifer Lopez, Ellen DeGeneres en Leonardo DiCaprio, vereer beroemdes vir hul uitstekende rolprente en harde werk gedurende die maak van ’n rolprent. Hierdie jaar was almal se fokus op Jennifer Aniston en Brad Pitt.

Hierdie paartjie het aanhangers op die punt van hulle stoele gehad oor of hulle ’n reünie sal hê of nie, aangesien hulle onlangs hul vriendskap herbou het na hul egskeiding in 2005.

Brad het na Jennifer se 50ste verjaarsdag gegaan en hulle is klaarblyklik baie vriendelik met mekaar.

Alhoewel Jennifer ’n glimlag uitgedeel het en aandagtig geluister het na Brad se toespraak by hierdie glansgeleentheid nadat hy ’n toekenning ontvang het, was daar geen reünie tussen hul soos wat almal gehoop het daar sal wees nie.

Hulle is steeds in kontak met mekaar en sal mekaar altyd ondersteun.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief