
Die Goodwood-biblioteek het op 10 Maart 1961 amptelik sy deure oopgemaak. Dit nadat die Goodwood-saal gesloop is om plek vir die nuwe gebou te maak.
Volgens oorlewering kon geregistreerde kiesers en sake-eienaars destyds lede word teen ’n koste van £1 per jaar.
Die gebou het vroeër ’n unieke uitleg gehad. ’n Koepelvormige dakvenster met ’n tuin daaronder was tot die laat 1980’s deel van die biblioteek. Die tuin is later verwyder en die kinderafdeling is in hierdie ruimte ingerig.
Gedurende die 1990’s het die Goodwood-biblioteek ook ’n takbiblioteek in Edgemead gevestig. Vanaf 1994 is boeke met behulp van ’n rekenaarstelsel uitgereik.
Lees ook: Kaapstad verseker daar word gelees
“Baie geluk aan die Goodwood-biblioteek met 65 jaar se diens aan die gemeenskap. Vir dekades is hierdie biblioteek ’n plek waar inwoners kan leer, nuwe idees kan verken en ’n lewenslange liefde vir lees kan ontwikkel. Soos al ons biblioteke, is Goodwood ’n magiese ruimte waar stories, kennis en gemeenskap bymekaar kan kom. Hier’s op nog baie hoofstukke vir die Goodwood-biblioteek,” het die burgemeesterskomiteelid vir gemeenskapsdienste en gesondheid, raadslid Francine Higham, gesê.
Bron: Stad Kaapstad





