’n Waarskuwing is aan alle Gmail-gebruikers uitgereik oor ’n nuwe bedrogskema wat kuberkrakers toegang gee tot rekeninge.
Lees ook: Texas deur 4 aardbewings in minder as 12 uur getref
Kuberkrakers gebruik KI om oproepe te maak en e-posse te stuur wat verby sekuriteitfilters kan kom om Gmail-gebruikers te oortuig hulle rekeninge is ingedring. Wanneer die gebruiker ‘n e-pos ontvang om hulle rekening te beveilig, word hulle na ’n vals webtuiste geneem wat soos Google lyk.
Die gebruikers word dan oortuig om hulle kode te stuur nadat hulle hul inligting op die vals webtuiste ingetik het, waarna die kuberkrakers toeslaan en by hulle rekeninge inbreek.
Volgens die FBI is alle dienste wat aan die platform verbind is dan beskikbaar aan kuberkrakers, wat tot finansiële verliese, skade aan hulle reputasie en die steel van sensitiewe data kan lei.
Mense word herinner om nie vreemde skakels oop te maak nie en om die foon dood te druk as hulle ’n vreemde oproep ontvang wat vir wagwoorde vra.
Bronne: Daily Mail, Unilad, The Sun
Lees ook: Texas deur 4 aardbewings in minder as 12 uur getref





