[t4b-ticker]

Google-werkers afgedank en in hegtenis na anti-Israel betoging

Lees ook :

Google werkers afgedank en in hegtenis na anti-Israel betoging fotokrediet: Canva

Lees ook: Ster-Kinekor dank 236 werkers af

Google het sowat 28 werkers afgedank en in hegtenis laat neem toe hulle betoog het teen die maatskappy se kontrak met die Israeliese regering.

Die werkers het vir 10 uur in die kantoor van die hoofde in New York en Sunnyvale gesit. Hulle het verskeie video’s op sosiale media geplaas, insluitend die oomblik wat hulle finale waarskuwings ontvang het en in hegtenis geneem is.

Google se vise-president van globale sekuriteit, Chris Rackow, het gesê die werkers is gister afgedank na ’n interne ondersoek. Hy het gesê hulle het kantoorspasies oorgeneem, eiendom beskadig en gekeer dat hulle kollegas kan werk.

Bronne: Daily Mail, New York Post, The Citizen

Lees ook: Ster-Kinekor dank 236 werkers af

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief