Brekende Nuus
Nuus

Gordon Ramsay kry ster op Hollywood Walk of Fame

Foto: Skermgreep van video opname Gordon Ramsay

VSA. – Die Britse sjef en televisieaanbieder Gordon Ramsay het Woensdag 18 November sy eie ster op die Hollywood Walk of Fame in Los Angeles gekry. Hy is die eerste Britse sjef wat dié eer te beurt val. Sy ster, by 6201 Hollywood Boulevard, is die 2 864ste op die Walk of Fame.

Gordon Ramsay sê op sosiale media dit is “voorwaar ’n eer”. Hy sê hy kon in 1994, toe hy die eerste keer in Los Angeles aangekom het, nooit dink dat hy 32 jaar later op sy eie ster sou staan nie. Hy het Lisa Vanderpump, Joel McHale, Kevin Frazier en die Hollywood-sakekamer vir die besondere oggend bedank.

Ramsay het naam gemaak as restaurantsjef en het wêreldwyd bekend geword deur TV-reekse soos Hell’s Kitchen, Kitchen Nightmares en MasterChef. Sy ster is in die televisiekategorie toegeken.

Bronne: Hollywood Walk of Fame, Gordon Ramsay sosiale media