KWAZULU-NATAL. – ‘n Gemeenskapspolisiërings-patrolleerder het glo na ‘n skietvoorval in Maplerylaan Trenance Park waartydens ‘n vermeende dief (32) glo in die onderlyf geskiet is, gevlug.
Reaction Unit South Africa sê beamptes is omstreeks 16:30 na die toneel ontbied. Hulle is meegedeel die verdagte is na bewering terwyl hy gevolg is in die onderlyf geskiet. Die patrolleerder het glo egter met sy vuurwapen van die toneel gevlug.
Die verdagte is na ‘n mediese fasiliteit geneem.





