Gr.2-leerling wat glo koekies van spazawinkel eet, sterf

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

GAUTENG. – ‘n Gr. 2-leerling van Laerskool Thabisile in Diepkloof, Soweto, is dood nadat sy glo Woensdag 20 November koekies van ‘n plaaslike spazawinkel gekoop het.

Steve Mabona, woordvoerder vir die departement van onderwys, sê die 8-jarige meisie het volgens inligting siek geword. Haar gesondheid het verswak, waarna sy Vrydag na die Chris Hani Baragwanath Akademiese Hospitaal geneem is waar sy met aankoms dood verklaar is.

Mabona sê ondersoek word gedoen om die omstandighede en die oorsaak van haar dood vas te stel. Die departement ondersteun die familie, leerlinge en personeel van die skool met berading.

Chiloane Matome, LUR vir die departement, besoek vandag die skool en die oorledene se familie.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief