GAUTENG. – ‘n Gr. 7-leerder van Echibine Junior Secondary School in Soshanguve in die noorde van Pretoria is Sondagoggend tuis verkrag en verwurg.
Steve Mabona, woordvoerder vir onderwys in Gauteng, sê na bewering het ‘n verdagte die huis deur ‘n venster binnegegaan. Die jong meisie is glo verkrag en verwurg terwyl haar ouers in die kamer langsaan geslaap het. Haar ouers het die volgende oggend toe hullle wakker word ontdek hul dogter is dood.
Matome Chiloane, die LUR vir onderwys in die provinsie, sê: “We are devasted at the occurrence of this gruesome incident. We wish to extend our deepest condolences to the learner’s family and school community at large. We are hopeful that law enforcement agencies will work speedily to bring the perpetrator to book.”
Die polisie ondersoek die omstandighede van die misdaad.
FiND iT het vir polisiekommentaar gevra.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel





