Gr.9-leerder sterf na sy kla van maagkrampe

Lees ook :

Gr.9-leerder sterf na klagtes van maagkrampe. Foto ter illustrasie: Mail & Guardian

LIMPOPO, SUID-AFRIKA. – ’n Graad 9-meisie (15) is dood nadat ’n groep van 52 leerders van Raleledu Secondary School Vrydag van maagkrampe gekla het.

Dit volg nadat hulle glo van die voedingskema by die skool se kos geëet het. Leerders het kort na die ete naar geword. Hulle is na nabygeleë klinieke geneem en later na die George Masebe-hospitaal oorgeplaas.  

Die betrokke meisie was al een wat in ’n kritieke toestand was.

Mavhungu Lerule-Ramakhanya, LUR vir onderwys in Limpopo, het haar medelye teenoor die leerder se familie betuig. Volgens haar gaan die oorsaak van die “vergiftiging” ondersoek word. Sielkundige berading en ondersteuning is aan die skool en gemeenskap beskikbaar gestel.

Bronne: Capricorn FM, Limpopo Chronicle

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief