GAUTENG. – Die Suid-Afrikaanse grensbestuursowerheid het Donderdag 30 beweerde onwettige buitelanders by OR Tambo Internasionale Lughawe (Ortia) onderskep. Dit sluit 14 Ethiopiërs en 16 Bangladesji’s in.
Volgens Jane Thupana, die grenbestuursowerheid-adjunkkommissaris, het die buitelanders probeer om die spesiale rye vir Suid-Afrikaners by aankoms te gebruik. Almal was glo in besit van vals visums. Thupana het bevestig dat die lugrederye wat die persone vervoer het, gestraf sal word. Die onderskepping vorm deel van pogings om menshandel en onwettige immigrasie teen te werk.






