LIMPOPO. – Francois van der Merwe, Willem Petzer, Devon Hofmeyr en Tewie Wessels is elk R5 000 borgtog in die Groblersdal-landdroshof toegestaan.
Boermedia het die hofverrigtinge direk uitgesaai.
Die landdros het te kenne gegee hy het geen wetlike grondige rede om die vier beskuldigdes nie op borg vry te laat nie. Hy het hulle egter daarop attent gemaak dat hulle glad nie die “Groenewald-saak” mag bywoon nie. Hulle mag ook aan geen optogte deelneem totdat hulle sake nie in die hof afgehandel is nie.
Die vier sal ook volgens Boermedia in opdrag van hulle advokate van sosiale media wegbly. Omdat die saak sub judice is, is dit is om te keer dat enigiets wat hulle doen of sê in die sake teen hulle gebruik kan word.
Die saak is vir verdere ondersoek tot 4 April 2024 uitgestel.
Die viermanskap het in die beskuldigdebank in gebed getree en daarna mekaar gedruk voordat hulle die hof verlaat het.





