Brekende Nuus
Afrikaans

Groen mamba deur reaksiebeampte in huis gevang

'n Reaksiebeampte het Saterdag 'n groen mamba in 'n huis gevang.

Groen mamaba deur ondersoekbeampte in huis gevang
Foto's: Reaction Unit South Africa

KWAZULU-NATAL. – ‘n Groen mamba van ongeveer een meter lank is Saterdag in ‘n huis in La Mercy gevang.

Reaction Unit South Africa sê hulp is na die woning ontbied toe die eienaar die slang in sy sitkamer ontdek het.

Jordan Tarr, die reaksiebeampte wat uitgestuur is, het die slang as ‘n hoogs giftige groen mamba geïdentifiseer, die reptiel gevang en veilig in ‘n beboste gebied vrygelaat.

‘n Professionele slangvanger kon glo nie in die hande gekry word nie, gevolglik het die reaksiebeampte die slang op sy eie gevang.