Inbraak by Rudd-huis oor naweek

Lees ook :

Daar word nog kop gekrap oor ’n inbraak die naweek by die geskiedkundige Rudd-huis. Die steunpilaar van die hek in die gebou in Lochstraat in Belgravia, is omgestamp. Niks is gesteel nie.

FiND iT het Maandagoggend die toneel besoek. ’n Venster aan die linkerkant van die gebou is gebreek. Die verdagtes het waarskynlik daardeur toegang tot die gebou gekry.

Sunet Swanepoel, ’n historikus by McGreggor-museum sê: “Die inbraak het laat Vrydagaand plaasgevind. Niks binne die huis gesteel of beskadig nie. Die saak word nog ondersoek.”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief