GAUTENG. – Die nasionale georganiseerde narkotiese misdaadondersoekeenheid het Woensdag onwettige produkte in ‘n stoorfasiliteit in Derdepoort, Pretoria, ontdek en gekonfiskeer. Die geraamde straatwaarde van die produkte beloop R15 m.
Lt.kol. Amanda van Wyk sê hierdie sukses volg op die onlangse deurbraak op 11 Februarie toe ‘n dwelmsindikaat ontbloot en ses verdagtes gearresteer is. Intussen is aanklagte teen twee van die verdagtes voorlopig teruggetrek. Verdere ondersoek in die saak het na die stoorfasiliteit gelei.
Voorlopige ondersoek dui aan die sindikaat het glo ‘n aanlyn platform om die produkte en ander onwettige stowwe aan verbruikers te verkoop en versprei, bedryf.
Die ondersoek duur voort.









