Gyselaars gered en militante dood na treinkaping in Pakistan

Lees ook :

Gyselaars gered en militante dood na treinkaping in Pakistan fotokrediet: X

PAKISTAN. – Die laaste gyselaars wat Dinsdag op die trein was wat deur lede van die Balochistan Liberation Army gekaap is, is gisteraand (Donderdag) bevry.

Lees ook: 190 gyselaars gered, 30 militante dood in Pakistan-treinkaping

Meer as 400 passasiers, insluitend 214 soldate en ander veiligheidspersoneel, was op ‘n Jaffar Express op pad na Quetta toe die militante die treinspoor opgeblaas het toe die trein deur ‘n tonnel gaan.

Sowat 11 persone is dood toe die militante op die trein begin skiet het, terwyl 37 in die aanvanklike aanval beseer is. Volgens veiligheidsowerhede is altesaam 27 gyselaars oorlede.

Die militante het geëis politieke gevangenes en mense wat glo deur die weermag ontvoer is, moet binne 48 uur vrygelaat word. Van die militante het met “selfdood baadjies” langs passasiers gaan sit.

Sowat 35 militante is in die reddingspoging van die gyselaars gedood.

Bronne: Republic World, NBC News, CNN

Lees ook: 190 gyselaars gered, 30 militante dood in Pakistan-treinkaping

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief