PAKISTAN. – Volgens veiligheidsowerhede is 190 passasiers tot dusver gered van die trein wat deur die Balochistan Liberation Army gyselaar geneem is.
Lees ook: Pakistanse militante waarsku hulle gaan gyselaars doodmaak
Daar is glo ook 30 militante in die reddingspoging dood.
Dit is onbekend hoeveel gyselaars en hoeveel militante steeds op die trein is ná die trein gister deur die Balochistan Liberation Army gekaap is. Die Balochistan Liberation Army het geëis dat politieke gevangenes en mense wat hulle beweer is deur die weermag ontvoer, binne 48 uur vrygelaat word.
Bronne: News18, Dawn.com, Indian Express