Haar naam was Hesty-Ann Green

Lees ook :

Hesty-Ann Green het nooit ná 'n danspartytjie huis toe gekeer nie. Foto: Facebook

BRANDVLEI, NOORD-KAAP. – Die liggaam van Hesty-Ann Green (18) is Sondagoggend ontdek nadat sy nie van ’n danspartytjie by die plaaslike sportgronde teruggekeer het nie.

Nikolas Swartz, haar oom, sê hulle het vroeg Sondagoggend na haar begin soek nog voordat iemand die nuus van ’n liggaam, wat in ’n verlate gebou langs die sportgronde gevind is, gebring het.

Green se naakte liggaam was onder stene en stukke plafon toegepak. Die vermoede bestaan dat sy eers verkrag en toe vermoor is, maar dit en die oorsaak van haar dood moet nog deur ’n nadoodse ondersoek bevestig word.

Volgens Molefi Shemane, provinsiale polisiewoordvoerder, is verskeie individue al ondervra, maar nog niemand is in hegtenis geneem nie.  

Brandvlei-SAPD het bevestig die nadoodse ondersoek word tans op Upington gedoen. Green sou vanjaar haar matriek aan Hoërskool Brandvlei voltooi het.

Bronne: SAPD, Facebook

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief