MPUMALANGA. – ‘n Spoedvraat (40) is Dinsdag omstreeks 17:00 deur die provinsie se intervensie-eenheid vir verkeer van die departement van gemeenskapsveiligheid, sekuriteit en skakeling in hegtenis geneem.
Moeti Mmusi, woordvoerder vir die departement, sê die man het 199 km/h in ‘n 100 km/h-sone in ‘n swart VW Golf 5 op die N4 Schoemanskloof-pad gery. Die man is by Ngodwana-polisiestasie aangehou en van roekelose en nalatige bestuur aangekla.
Borg van R2 000 is aan hom toegestaan, maar hy sal binnekort op aanklagte in die Nelspruit-landdroshof verskyn.




