Halfnaakte liggaam van ‘ontvoerde’ man in duvet langs pad gevind

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

MPUMALANGA. – Wayne Henderson (42) se halfnaakte liggaam, met ‘n duvet bedek, is Dinsdag omstreeks 03:00 deur ‘n plaaswerker op die R50-pad ongeveer 5 km van Standerton ontdek. Henderson se liggaam is nie ver van ‘n voertuig gevind nie.

Brig. Selvy Mohlala sê daar is vermoed die oorledene is in die Hercules-area in Pretoria, Gauteng ontvoer. Sy pa het hom en ‘n grys Renault Sandero as vermis aangemeld.

Met ondersoek is bloedvlekke in die voertuig se kattebak gevind.

Henderson se nek was oopgesny en hy het ‘n steekwond aan sy kop gehad. Hy is positief deur ‘n familielid uitgeken.

Beamptes van Standerton- en Hercules-polisiestasies ondersoek die omstandighede wat tot sy dood gelei het en om die skuldiges wat vir sy dood verantwoordelik te laat boet.

Enigiemand met inligting kan kapt. Sean Bouwer by 079 499 6312 bel.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief